Volle Evangelie Kerk van God - Fichardtpark

Met God se Plan vir Jou

God se Plan vir Jou

God openbaar Sy plan vir alle mense in Sy Woord. God maak geen geheim daarvan dat Hy mense wil deel maak van Sy persoonlike familie nie. Hy beskou Jesus as die “Ou Boetie” van hierdie gesin (Rom 8:29). Om deel te wees van hierdie gesin, maak jou deel van die invloedrykste familie in mense heugenis. Jy word ook deel van die rykste boedel ooit en word gereken as ‘n erfgenaam en mede-erfgenaam (Rom 8:17). Hierdie bewuswording stort nuwe energie uit in enige persoon se lewe om opnuut jou identiteit in Christus te ontdek en te ontwikkel. Dit stel jou in staat om met ‘n nuwe selfbeeld op te tree… of moet ek sê, “Christusbeeld”.