Volle Evangelie Kerk van God - Fichardtpark

Ons Bedieningsfokus

Bedieningsfokus

  • Ons fokus op ‘n GEBROKE WERELD. Ons begeerte is dat die Vader sy inklusiewe hart deur ons bediening sal openbaar. Ons kan dus nie dink aan ‘n persoon, kultuur of etniese groep wat uitgesluit is in ons droom om Jesus hier op die aarde te verteenwoordig nie. Ons het ook geen voor- of afkeure m.b.t ons verantwoordelikheid om die goeie nuus van Jesus aan alle nasies oor te dra nie.
  • Ons fokus op ‘n GEESTELIKE FAMILIE. Ons geniet die geestelike samesyn met gelowiges. Ons droom is om op gereelde basis as geestelike familie saam te kom. Die doel van ons samesyn is om aan God al die eer te gee, om Sy Woord met mekaar spontaan te deel en om mekaar by te staan in al die uitdagings wat die lewe mag stel.
  • Ons fokus op ‘n GELOOFSGEMEENSKAP. Ons respekteer die groter doel en taak van die liggaam van Christus. Ons skakel in by ander geloofsgemeenskappe om as geloofsnetwerk groter impak te hê vir die Koninkryk. Ons erken enige ander bediening wat glo dat; Jesus die enigste weg, die enigste waarheid en die enigste lewe is, en beskou onsself as een van hulle en hulle as een van ons.