Volle Evangelie Kerk van God - Fichardtpark

Met ‘n Gebroke Wêreld

‘n Gebroke Wêreld

Ons is in voeling met hierdie wêreld, omdat ons in die wêreld is (Joh 17:15). Die modes, giere, filosofieë en norme in die wêreld oefen deurentyd ‘n invloed uit op ons denke. Die bewustheid dat daar gedurig druk is, op die gelowige en ongelowige, om sy of haar eie identiteit te beskerm, is alom bekend. Die hoofstroom filosofie van ons dag staan bekend as postmodernisme en daag alle fundamentele waardes uit. Moraliteit word ook in elke opsig gerelativeer. Die Kerk as institusie word op vele terreine uitgedaag en met agterdog bejeën.

Ons glo dat ons in ‘n tyd leef waar die mens nodig het om in voeling te kom met God se hart, meer as ooit tevore. Lees gerus meer hieromtrent – “In Voeling met God se Hart.”