Volle Evangelie Kerk van God - Fichardtpark

Ons Glo

Ons Glo…

  • Ons glo dat die Bybel die geïnspireerde woord van God is. 2 Tim 3:16  “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,”  OAV (Heb 4:12)
  • Ons glo dat God die Skepper is van Hemel en Aarde en dat niks wat ontstaan het, ontstaan het sonder dat dit deur Hom ontstaan het nie. (Gen 1:1, Joh 1:3 en Rom 11:36)
  • Ons glo in die totale ontaarding van die mens. Romeine 3:12 “Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.” OAV  (Rom 3:23 en Ps 14)
  • Ons glo dat Jesus volkome vlees geword het, dat Hy gesterf het aan ‘n kruis om die volle prys vir sonde te betaal en opgestaan het op die derde dag. 1 Joh 4:2 “Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God” (Joh 1:14, Joh 19:17-19 en Joh 20:3-8)
  • Ons glo dat Jesus deur Sy offer aan die kruis, Sy liefde aan sondaars verklaar het. Romeine 5:8  “maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”  (1 Tim 1:15, Gal 1:4, 2:20 en Ef 5:25)
  • Ons glo dat Jesus opgevaar het in die Hemel en dat Hy vir ons intree by die Vader. Ons glo ook dat Hy terselfdetyd by ons is en in ons is as gelowiges. Gal 2:20 “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” (Mat 28:20, Joh 14:1-3, Rom 8:34)
  • Ons glo dat Jesus op ‘n bepaalde tyd, onbekend aan alle mense, sal terugkeer na die aarde. Hy sal as die enigste regter optree tydens die oordeelsdag om te bepaal waar elke mens die res van tyd sal deurbring, of die Hemel of die Hel. (Han 1:11, Joh 14:3 en Mat 25:31-46)
  • Ons glo dat Jesus die enigste weg tot saligheid is en dat niemand die ewige lewe kan beërwe op enige ander wyse dan om in Hom te glo nie. (Joh 1:18, Joh 6:65 en Joh 14:6)