Volle Evangelie Kerk van God - Fichardtpark

Met God se Hart

Met God se Hart

Om in verhouding te staan met God, bring jou in voeling met Sy hart. ‘n Verhouding met God sluit ‘n liefde vir Sy Woord in. Dit is in die Woord van God waar ons die hart van God oor tyd en generasies vind. Die universele tema wat God se hart aan ons openbaar is juis Sy begrip en passie vir mense wat swak is. God maak swakkelinge sterk, Hy rig hulle op en gee aan diesulkes ‘n totale “makeover”. Natuurlik maak God nie inbraak op enige mens se wil en privaatheid nie, Hy reageer op noodkrete, hulpgeroep en afhanklikheidsbesef.

God se hart is gerig daarop dat elke mens sy of haar volle potensiaal bereik. God wil hê dat elke mens volkome geluk in hierdie lewe moet ervaar. Dit is alleenlik moontlik indien God se plan in jou lewe tot verwesenliking kom. Lees meer hieroor – “In voeling met God se plan vir jou lewe.”