Verbind

Beide die individuele gelowige en die gemeente speel belangrike ‘n belangrike rol in die leiding en ondersteuning van nuwe bekeerlinge.

Vanweë die aard en konteks van sonde en die effek daarvan op die ongelowige is daar ‘n lang pad van genesing en herstel in Christus.

Gelowiges word geroep om deernis, ondersteuning en persoonlike mentorskap uit te leef in ter ondersteuning van nuwe bekeerlinge. So ‘n ingesteldheid moet so deel van die hart en karakter van die gemeente vorm dat ons naam “Therapéa” tot verwesenliking kom.

‘n Gemeente of kerk moet ‘n hospitaal wees vir stukkende of gebroke mense, nie ‘n museum van “heiliges” nie.